Die Oosterlig Dramaklub was in 2016 weer kookwater!  Twee produksies, ‘Maalkolk’ en ‘Tienertoneel’ was op die planke.

Tienertoneel tree as afdelingswenner uit die stryd by drie kunswedstryde.

By die landswye ATKV-tienertoneelkompetisie, het die dramaklub die volgende nasionale toekennings ontvang:

Kostumering:  goud

Kostumering:  brons

Klankbaan:  brons

Toneelspel – Bella Letlhake: brons

Ons sien uit na 2017!