“So ʼn bek moet jêm kry”, lui die Afrikaanse gesegde.

Bella Letlhake, ʼn leerder van Hoërskool Oosterlig het as wenner uit die stryd getree by die ATKV-landwye redenaarskompetisie.

Gladdebekke Oosies bewys dat die stem van die jeug nog helder klink in ons land.  Sy wen die onvoorbereide Tweede Taal afdeling en verwerf ook die trofee as Beste Taalgebruiker.  Die hoogtepunt vir Bella was die stemboodskap van gelukwensing wat sy vanaf Refentse ontvang het.

Redenaars by Hoërskool Oosterlig vier hoogty.  Twee junior-leerders, Jeanette en Leane Kok het ook deurgedring na die landswye finaal te Goudini Spa.