Ek wonder watter Onnie se span het gewen!

Elke jaar hou die Onnies (en hul spanne) kookkompetisie! Hierdie jaar was daar 10 spanne, dus 10 heerlike disse om te oordeel. Die Oosies kan kom proe, teen ‘n prys – en stem vir die beste dis! Dis om geld in te samel – ‘n Oosterlig (kultuur) ATKV initiatief en die geld wat ingesamel word gaan na Oosterlig se Noodfonds, hierdie fonds sorg vir behoefde binne-in ons eie skool en gemeenskap – dankie Oosies dat julle omgee! Hierdie is ook ‘n Oosterlig pretprojek (met ‘n goeie doel) – ‘n bewys dat prestasie nog pret kan wees!