Hoërskool Oosterlig & Suzuki Boksburg span kragte saam om uit te reik na minder bevoorregte gesinne.

In samewerking met Suzuki Boksburg het ons ʼn baie suksesvolle omgeeweek geloots.  Leerlinge het ʼn Suzuki Swift vol nie-bederfbare goedere gepak vir minder bevoorregte gesinne in ons skool.  Die wenners van die kompetisie word met ʼn Suzuki gedurende skooltyd na ʼn filmvertoning geneem.

Wenner – Megan Pienaar (tweede van regs) en haar maats wat saam gaan fliek.