Danel van Heerden het gekwalifiseer om aan die NMA, ISKA- wêreldkampioenskappe in Orlando, Florida deel te neem.  Sy verower twee eerste plekke in die afdeling Continuous Fighting and Creative Weapon.  Sy behaal vier vierde plekke in die afdelings:  Point Fighting, Musical Weapons, Traditional Weapons en Traditional Kata.  Sy skop letterlik en figuurlik stof in die oë van haar opponente.  Die hoogtepunt was die ‘Night of Victory’ waar ʼn geselekteerde groep geveg het.  Sy behaal hier ʼn derde plek.

Danel is beslis Oosterlig se eie Bruce Lee.