~ Tristen Brewis

“A long time ago, in a galaxy far far away …”  Starwars.  Só begin ons verwelkomingsreis met 2022 se splinternuwe Oosies.

17 Januarie“I am your father …” Darth Vader.  Die reis begin – dit is donker en onbekend. Geklee soos Darth Vader mimiek die Nebulas hierdie legendariese filmfiguur en moes hulle maar diep in die stemkaste krap om hierdie ikoniese stem na te maak … Party stemmetjies het flou en onseker uitgekom, maar gelukkig sou hierdie verwelkomingsreis daardie klein stemmetjie ontwikkel sodat elkeen tot volle reg kom. Gelukkig was die “force” met hulle – “Do or do not. There is no try.”  – Yoda

18 Januarie “I fear nothing…” Stormtroopers. Ons soldaatjies, gewapen met hul waterpistole, het heeldag marsjeer en gewys hulle kan onder enige omstandighede en in elke omgewing aanpas (ons hoop net die “force” is nog met hulle vir Vrydag se opsê van die geliefde erekode).

19 Januarie“Sir, it’s quite possible this asteroid is not quite stable..” C-3PO. Vandag was die Nebulas se verbeelding skoon op hol en het hulle ons verras met hulle kreatiewe droid-uitrustings. “Roger, Roger “  Kyk hierdie  outjies weet van “upcycle”! Ons protonsterre was werklik  verras met hul oulike robotdansies.

20 Januarie – Ons sien die lig. “Pass on what you’ve learned.” – Yoda the peacemaker. Groen en groen en… nóg groen. Dit het moeite vereis om die Nebulas uit te ken in al die skakerings van groen wat ywerige gesiggies vermom het. Heeltemal onherkenbaar! Ons is seker daarvan dat die graad 8-ouers ook twee keer moes kyk om hul eie Yoda te herken. Dit was ‘n definitiewe poging van hulle kant af om werklik vrede te bewerkstellig in hierdie nuwe kosmos.

21 Januarie – Welkom in die lig liewe Oosie. Vrydag het hulle met trots hul erekode afgelê en met reg hul Ad Astra-wapen verdien. Welgedaan en welkom… julle het die lig bereik en is nou volwaardige Oosies! Die “force” was sonder twyfel met julle.

Ek sluit af met ‘n laaste Starwars aanhaling: “Your focus determines your reality.” – Qui-Gon Jinn.  Jou fokus – is die stuurwiel wat die rigting van jou lewe bepaal. Wees gerig en reik na die sterre Oosies!

 OosterBeeld Joernalis

OosterBeeld Joernalis

Tristen Brewis

My naam is Tristen Brewis en ek is in die Oosie Redaksie omdat artikels skryf my in ‘n positiewe manier uitdaag. Ek geniet dit om artikels te skryf en hoop dat my mede oosies my skyfstukke ewe sal geniet.

Ek is geëerd om in die posisie te wees om die opwindende gebeure van ons skool te kan rapporteer via die Oosterbeeld!