Ligte, kamera, AKSIE
Die nuwelinge betree die verhoog. Vanjaar se groentjiekonsert was beslis een om te onthou. Danspassies wat die gehoor se asem sal wegslaan en die eufoniese klanke van die graad agt-stemmetjies.
Van klein na groot, en kort na lank, het ons nuwe Oosies die verhoog betree met glimlaggies aangeplak en ‘n aansteeklike ritme. Hulle harde werk was opvallend, voor die hand liggend en beslis die moeite werd. Oosies pak nooit die lewe sonder mening aan nie, maar bou eerder voort op ‘n vaste fondament wat lank reeds gevestig is.
Om alleen deur die lewe te gaan maak ‘n mens geestelik honger en jy smag na sielskos. Maar om reisvennote te hê moet ons die bron van respek kweek. Respek is nie goedkoop nie. Dit hou nie verband met titels, ampte of posisies nie en kan allermins afgedwing word of gekoop word. Dis ‘n kosbare, duur ingesteldheid wat slegs gegee en verdien kan word, want respek word in die hart gebore. So het die graad 8’s hul baadjies ontvang wat ‘n simboliese teken gebaar om uit te beeld dat die neutrone nou volwaardige Oosies is.
Nes protone moet ons, ons positiewe gesindheid, waardes en etos met ander deel om hulle negatiewe substrate te vernuwe. Die graad agts het buiten ‘n uitstekende konsert: ‘n hartrakende boodskap en brokkie Oosie-wysheid aan ons oorgedra – beslis baie om oor na te dink.
So volg die lig, Oosies, en jy sal jou sielskos kry!
Lehandi Steyn