~Kayleigh van der Merwe
Vrydag, 26 Mei, terwyl die res van die Oosies nog herstel van die eise wat deur ons jaarlikse Aandskool aan hul gestel is, het die debutante hul skooldrag vir spoggerige balrokke en verruklike pakke verruil! Die debutante is by Summerplace verwelkom met ‘n vervrissende Appletiser-verwelkomingsdrankie.
Juffrou Bredenhand het die aand geopen met ‘n treffende boodskap wat die die huidige én toekomstige debutante sou inspireer. Die boodskap was omsluit daarin dat 2023 se debutante wel ‘n kleiner groep is, maar dat dit tsoenami’s is wat klein energiebronne het en tog die die grootste golwe maak. Elke debutant is voorgestel en het ‘n klein geskenkie ontvang.
Die aand is verglans in geselskap en heerlike kosse vanaf die voorgereg en buffet tot en met die nagereg, waarvan die keuse tussen sjokolademousse, koek en roomys moeilik was. Die dansvloer is geopen deur die hoofseun en hoofmeisie en hulle metgeselle. Die debutante het die res van die aand omgedans en foto’s geneem om die pragtige aand vir altyd te kan koester.
Dankie vir julle harde werk!






