~ Mieke Jutte
Na ‘n besige kwartaal en stresvolle toetsreeks het die Oosies die eerste kwartaal afgesluit met ‘n prettige kleurfees! Die Oosies het gesokkie, baljaar, en kindwees geniet. Die onweer kon nie die Oosies keer om heerlike roomys te geniet nie.
Ná die kleurfees het die Oosies hul rapporte ontvang en met verligte harte die vakansie afgeskop om die volgende kwartaal wat op ons wag met nuwe lewenslus aan te pak!