En die wenners is…

Die Groot Ontbyt en Pajamas

Op die laaste skooldag van die jaar, die 23ste Oktober 2019, het Oosterlig “Die Groot Ontbyt-en-Pajamas” gevier.  Groepe het happies gekook en hulle tafels opgemaak volgens hulle temas.  Daar was “Corn dogs”, plaatkoekies, Franse braaibrood, wafels, muffins, koffie en beskuit.

Die Wiesiewasies is as die wenners aangewys.  Baie geluk aan Mnr. Nel, mnr. Bradford en mej. Marais ” jul happies, worsbroodjies “met ʼn lekker warm sous daarby” het die leerders vermaak en beïndruk.

Die deelnemers word bedank vir hulle harde werk en die proewers vir hul ondersteuning.