Dit is met trots dat Hoërskool Oosterlig aankondig dat vier leerlinge, naamlik, Elske Jordaan, Johan Coetzee, Hayden Fourie en Kayla Venter verkies is tot die Oos-Gauteng Provinsiale Tennisspan wat vanaf 25 tot 29 Maart 2023 aan die SA-skole kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem. Daar word met groot afwagting uitgesien na die tennisprestasies wat hierdie leerlinge gaan bereik.
In die foto, v.l.n.r.: Mnr. Francois Nel (hoof), Elske Jordaan, Johan Coetzee, Hayden Fourie, Kayla Venter en mnr. Fouche, (tennisorganiseerder).
(Foto geneem deur me. Mara Strydom)