Hoërskool Oosterlig is op Dinsdag, 16 Maart 2021, aangewys as die beste hoërskool in Ekurhuleni-Suid. Die distrik bestaan uit 64 hoërskole. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Ekurhuleni-Suid Matriekprysuitdeling, wat ʼn Afrikaanse hoërskool met dié toekenning wegstap.
Vier onderwysers en twee leerlinge het die skool besonder trots gemaak met die volgende prestasies:
Beste onderwysers in die distrik:

Me Elzaan van Zyl
Afrikaans Huistaal

Me Madeleine van Baalen
Afrikaans Huistaal

Me Mauriët Koekemoer
Engels Eerste Addisionele Taal

Me Marindi Joubert
Engels Eerste Addisionele Taal
Toppresteerders:

Johan van der Merwe
Toppresteerder in Geografie
Johan beklee ook die tiende plek op die Top 10 Akademiese presteerders in die distrik.

René Viljoen
Toppresteerder in Afrikaans
Tydens die Academic Excellence Awards, wat virtueel op 10 Maart 2021 uitgesaai is, en waar die toppresteerders in Ekurhuleni aangewys is, het Johan van der Merwe die toekenning “Beste prestasie in Geografie” ontvang. Hoërskool Oosterlig het ʼn 6de plek in Ekurhuleni behaal.
Die hoof, mnr. Francois Nel, is baie trots op die klas van 2020. Die harde werk wat deur die leerlinge en personeel ingesit is en die ondersteuning van die ouers tydens ʼn baie uitdagende jaar, het goeie vrugte afgewerp.
Hoërskool Oosterlig leef beslis hul leuse Carpe Diem voluit.