Ons matrieks het die eerste skoolweek afgesluit op soek na eksklusiewe onderrig om hulle voorbereiding vir die jaar te stroomlyn.
Op 20 Januarie het die matrieks van 2024 ‘n hele Saterdag toegewy aan hulle studies ná ‘n opwindende interhuis wat op 19 Januarie plaasgevind het. Hierdie dag word nie as ‘n verlore dag beskou nie, maar eerder as ‘n dag van wen. Die dag het om 7 vm begin met ’n Geografieklas waar me. S Herman haar leerders met ‘n koffiestalletjie bederf het. Daarna was dit Afrikaans, gevolg deur ‘n intensiewe 45 minute-Fisiese Wetenskapklas. Die vierde periode was dit Engels. Om 11:15 was daar ’n pouse, sommige leerders se gunsteling periode… Tydens pouse is almal bederf met ‘n koeldrank en ‘n kolwyntjie.
Daar is onder mekaar gekekkel en ‘n oomblik van onontspanninis geniet. IGO en Lewenswetenskappe het gevolg en om 14:15 was dit tyd vir die laaste periode, RTT. Na ‘n suksesvolle dag het die aktiwiteite om 3 nm afgesluit. Die matrieks besef dat sukses nie net kom deur op ‘n normale skedule te werk nie. Sukses vereis ‘n ekstra myl om die lirieke te volg van The Proclaimers: “And I would walk 500 miles and I would walk 500 more…”. Vir dié matrieks beteken dit om Saterdae ook aan hulle studies toe te wy. Dus, matrieks, elke Saterdag en ekstra myl wat julle opoffer, bring julle nader aan julle doelwitte. Bly gefokus, hou moed en onthou dat hierdie opofferinge julle toekoms vorm!
Melieke Redelinghuys