Hoërskool Oosterlig begin 2017 met ‘n nuwe tradisie, en dir nuwe Oosies het dit BAIE geniet!

In die verlede het ons gesien dat as gevolg van die lang Desember vakansie, julle bietjie verroes is wanneer julle by Oosterlig aankom.  Vir die eerste keer in die skool se 25-jarige bestaan, het ons nuwe Oosies se  skoolloopbaan by Hoërskool Oosterlig met ‘n “Boot Camp” begin!

Dit het beteken: twee dae voordat die res van die skool hul 2017-jaar begin het, moes hulle reeds by Oosterlig aanmeld!  Dit was Maandag 9 Januarie en Dinsdag 10 Januarie 2017.  Tydens dié twee dae het ons hulle bietjie verfris en opgeskerp ten opsigte van Afrikaans en Engels, leesvaardighede, asook Wiskundige vaardighede.

[/fusion_text][/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]