~Monique Alberts

Op 5 Mei 2023 word die Oosie landloop-atlete uitgedaag met ‘n hindernes van ‘n baan in Potchefstroom. Diané Botha, een van ons senior dogtersatlete, sê dat die roete uit baie hobbels en opdraandes bestaan het en dat daar wel baie skerp draaie was wat jou spoed breek. Die Oosies het dalk nie silwerskoon uitgekom nie as gevolg van die vorige dag se reën wat die baan vol modder gelaat het.

Vir dié wat nie weet nie het die PUK-byeenkoms in ‘n aflosformaat plaasgevind waar vier atlete van ons junior dogters en -seuns sowel as vier senior dogters en -seuns saam as ‘n span moes werk om die beste eindposisie te bereik. Dmitri Annandale het vir die senior seuns weggespring. Volgens hom was daar stampe en stote, maar niks kon hom keer nie.

Ons Oosies het uitgestaan met hulle splinternuwe landloophemde wat geborg is deur Cylinder Service. Dit was ‘n uitdagende byeenkoms vir ons junior dogters en -seuns wat afsonderlik en gesamentlik 15de geëindig het, en ons senior dogters en -seuns het ook afsonderlik en gesamentlik 10de geëindig.

Oosies, julle maak ons trots! Hierdie is net die begin van die landloopseisoen. Julle het nog vele hindernisse en skerp draaie wat op julle wag. Moet nooit moed opgee nie – hou die Oosie-naam hoog tot die wenpaal bereik is!