~ Monique Alberts
Die toekomstige Oosies se nuuskierigheid is beslis geprikkel en die element van sukses, CuRIOSUM, is by hul tuisgebring! Die reis deur Oosieland op 19 April 2023 kan soos volg beskryf word.
Die toekomstige Oosies is vriendelik in die Oosie-familie verwelkom onder leiding van Me. Van der Walt, die leierskomitee en VLR sodat hulle tuiskan voel op ons skoolgronde en die volle Oosi-ervaring kon beleef.
“Perfekte ope-aand, lekker interaksie, baie insiggewend, almal baie vriendlik, het ons lekker tuis laat voel.” – ‘n Toekomstige Oosie
Die personeel, leierskomitee, VLR en elkeen wat van die aand ‘n sukses gemaak het, het hulself beslis goed van hul taak gekwyt! Die avontuur het só verloop!
Ons eerste stop: Dramaklub – OosieKultuur!
Die Dramaklub het met ‘n oorspronklik toneel ons Oosie-kultuur kleurvol uitgebeeld. Van revue, redenaars, spreekkoor en skryfkompetisies is niks uitgelaat nie.
“Mal oor die Oosie-gees!”- Megan
Ons Oosies is propvol gees en daarom arriveer die avontuur by ons pretgang – OosiePret! Ons skop af met Kleurfees, beland in ‘n donker kamer vir Aandskool en eindig by ons braaiers waar ons Braai-oppie-blad nadat daar by die Boekklub in die Leessentrum gekuier is!
“Ek speel al 2 jaar vir die 1ste Rugby span. Ek hou ook van gewigstoot.” – Christiaan
Christiaan as sport jou ding is, is die volgende pitstop net vir jou… Ons Oosie-reis na die gimnasium – OosieSport! Sport is entoesiasties en ywerig uitgebeeld. Hokkie, Netbal, Krieket, Gholf, Jukskei, Tennis, Rugby en natuurlik, Atletiek is vir die toekomstige Oosies uitgestal.
Die pom-poms en Oosie-band het gesorg vir baie vermaak en gees! Ons sluit af in die saal – OosieAkademie waar verskeie vakke wat by Hoërskool Oosterlig aangebied word ten toon gestel is. Selfs die OosterBeeld is bekendgestel… Van ons oud-Oosies het gretig hulle gesigte kom wys en Claudette meen dat sy ‘n ongelooflike ondervinding gehad het, veral toe sy een van ons ou koerante van 1996 – en haarself daarin – gesien het.
Oosterlig het beslis alles, van kultuur tot gees. Van gees tot sport. Van sport tot akademie en nog vele meer…
“Dit was AWESOME! Ek kan nie wag om ‘n Oosie te word nie. Amazing!”-Amoné
Ons Oosies het hard gewerk om die-ope aand ‘n sukses te maak! Die OosterBeeld glo dat die graad 7’s die beste besluit sal maak vir die toekoms wat vir hulle voorlê en dat Hoërskool Oosterlig werklik hulle keuse sal wees: Want hier is ons ‘n Oosie-familie!