~Donné Fowler
Die tenniskamp van 2023 het vanaf die 20-22 Januarie te ATKV Buffelspoort plaasgevind. Dit was die Oosies se 21ste tenniskamp!
Die kamp het onder andere ten doel om die rangorde van die spelers vir die jaar te bepaal. Tennis-uitdunne word ook by die kamp gehou. Spelers speel ongeveer 60 rondtes oor 2 dae, maar kry ook aftyd tussen wedstryde om te gaan swem en die fasiliteite by Buffelspoort te geniet. Marné de Swart, ‘n speelster vir die eerste span, sê: “Die lekkerste deel van die tenniskamp was om mekaar te motiveer en om mekaar se geselskap te geniet! Dit was lekker om ons span se gees op te bou deur die loop van die naweek.”
Die Junior NWU-tennisspan het 8ste geëindig terwyl die Senior NWU-span 10de geëindig het in die reeks. Ons het briljante afrigters wat ons tennisspanne se vaardighede elke dag verbeter. Juffrou Herman meen: “Mnr Fouché is ‘n uitstekende afrigter en daar is entoesiatiese onderwysers wat optree as voogde vir die spanne en hul dan vergesel na wedstryde.”
“Tennis is ‘n spel van vaardigheid, en jy moet jou vaardighede bly ontwikkel.”
– Bill Tilden.
Dankie aan Juf D. Smit, Juf van der Mescht, Juf C. Smit, Juf van der Walt en Juf C. Botha wat ook by die tennis betrokke is.
“Oosterlig het hierdie jaar ‘n rekord aantal spanne wat aan die ligas deelneem. Daar is vyf seunsspanne en twee dogtersspanne. Hul liga het op 21 April begin en duur tot en met die 2de Junie”, sê Juffrou Herman.
Baie sterkte aan al die spanne wat tans besig is met die liga, die OosterBeeld is vas oortuig dat dit baie goed sal gaan.














