Die energie en entoesiasme was tasbaar soos wat die skoolvelde oorgeloop het van gees tydens die Oosies se interhuis op Vrydag, 19 Januarie 2024! Opgewondenheid het deur die lug gegons terwyl leerders, geklee in hul onderskeie graad se kleure, die veld gevul het om aan hul onderskeie items deel te neem. Die gejuig en gesang van die toeskouers op die pawiljoen het harmonieus weerklink. Van die heel eerste wegspring af was die atmosfeer elektries aangesien die leerders hul atletiese vermoëns met aansteeklike gees ten toon gestel het. Gelag en high-fives is uitegruil terwyl maats saamgetrek het en mekaar aangemoedig het. Met elke atleet wat die wenstreep behaal het, het die pawiljoen in donderende gejuig losgebars wat die driftige ywer van die atlete nog meer aangevuur het. Die Oosie-familie wéét hoe om ‘n interhuis vol gees en pret te gasheer.

Mieke Jutte