ʼn Chinese gesegde lui:  “The best time to plant a tree was twenty years ago.  The next best time is now”.  Hoërskool Oosterlig voeg die daad by die woord met die Spekboom-projek ter viering van Aardedag op 22 April 2019.  Spekbome bevorder die gehalte van die lug wat ons inasem en absorbeer koolstof soos ʼn spons.  Die saadjie van ‘ʼn groener leefstyl’ het beslis in die Oosieharte ontkiem.

Die projek groei groter met die Oosterlig dramaklub se produksie: ‘Gruwelgroen’.  Die toneel handel oor die laaste boom op aarde.  Dit was aangrypend en stof tot nadenke.  Na die jaarlikse kultuuraand is spekbome aangeplant.

Die Lewensoriëntering- en Toerisme departemente het ook die projek in hul sillabusse geïntegreer onder die temas ‘aardverwarming’.

Die projek floreer en groei van krag tot krag.  ʼn Week gelede is nog ʼn laning spekbome is aangeplant.  Spekbome, ook bekend as Olifantskos, bevoordeel ons onmiddellike omgewing.

Warren Buffet het beweer dat iemand vandag in die skadu sit, omdat iemand eens ʼn boom geplant het.  Wat jy saai sal jy maai!  Die Oosies het beslis visie en sien die woud van die toekoms.  Oosterlig bedank die leerders vir die finansiële bydrae wat hul in die projek ingeploeg het.