Op Saterdag, 12 Oktober 2019, het Hoërskool Oosterlig se eerste netbalspan-oefengroep aan die Triumph Tournament te Cornwall Hill College deelgeneem. Die toernooi is gemik op voorbereiding vir die 2020-seisoen. Ons is trots op die sesde plek wat ons netbalspelers behaal het. Te sien in die foto hieronder is die eerste netbalspan-oefengroep in pienk ter ondersteuning van Pink Drive (een van die borge van die dag).