Hoërskool Oosterlig is baie trots op twee rugbyseuns wat tot provinsiale rugbyspanne verkies is.

Dian van Aswegen is tot die o.15 Valke Provinsiale span verkies en Juan van Aswegen tot die o.15 Valke Oos-streekspan.

Dian van Aswegen gaan aan die Rhino Provincials-rugbyweek, vanaf 5 – 8 Julie, by Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark deelneem.

Juan van Aswegen gaan aan die Rhino Regionals-rugbyweek, vanaf 28 Junie –

1 Julie by dieselfde stadion deelneem.

Baie sterkte aan hierdie twee seuns wat Oosterlig reeds trots maak.

V.l.n.r. Dian van Aswegen, Juan van Aswegen en mnr. Francois Nel (hoof)