~ Monique Alberts

Interhuis 2022 – ‘n waardige manier om ‘n spesiale jaar mee af te skop.

Na afloop van ‘n moeisame jaar en half, waar geen sport of ander buitemuurse aktiwiteite kon plaas vind nie, heers daar ‘n welkom atmosfeer van opwinding en afwagting in die lug.

Die Oosies span saam om hul veelsydige talente by die eerste atletiekbyeenkoms van die jaar ten toon te stel. Ons geniet ‘n nostalgiese dag verweef met die ‘nuwe normaal’.

Ons atlete, die sterre van die dag, het ons ‘n voorsmakie gegee van ‘n belowende seisoen wat voorlê met genot wat vlak in die oë gelê het. Die Pom-Poms het verruklik gelyk en hulself puik van hul taak gekwyt tydens hul indrukwekkende vertoning. Juffrou Herron en ons toeskouers het, soos gewoonlik, die atmosfeer en gees op die pawiljoen met oorgawe aan die gons gehou. Die toegewyde beamptes, ons eie Oosie-onnies, het natuurlik gesorg dat elke item seepglad verloop en ons elkeen met entoesiasme aangemoedig.

Vrydag, 14 Januarie 2022, was beslis ‘n suksesvolle dag – so eie aan Oosie-tradisie het ons die dag gepluk.

Ons kan nie wag om te sien wat die Oosies by die Interhoër vermag nie!

 OosterBeeld Joernalis

OosterBeeld Joernalis

Monique Alberts

Ek het ‘n behoefte gehad om by die OosterBeeld redaksiespan aan te sluit omdat ek nog altyd ‘n liefde vir skryf het, en boonop uitgesien het na die uitdaging om my kreatiwiteit en skryfkuns te verbeter en aan te wakker.