~Chiara Dover
Die matrieks van 2023 se dae is getel. Rondom 40 dae voordat die Oosie-gange effens leër is. Almal weet tog dat die Oosie-matrieks se gedagtes beslis draai om die matriekafskeid. Ons 2023 jaartema, ‘Vinnig Vorentoe’, het beslis in die gedagtes van die graad 12-leerders weerklink. Hulle ideale aankomsmotors vir die matriekdans is vinnig, klassiek en indrukwekkend! Hier volg die matrieks se droomvoertuie vir matriekafskeid:

Christan Botha
“Ek sal graag in ‘n swart Porsche Cayenne matriekafskeid toe wil gaan.”

2019 Porsche Cayenne (340 hp V-6)

Jocelyn Hobbs
“Verkieslik ‘n ouerige kar, maar dit moet ‘n ligte baba blou wees.”

1965 Ford Mustang GT (101 hp V8)

Keanu Fourie
“ ‘n Rooi Ford Mustang met swart strepe, maar ‘n ou een.”

Rooi 1967 Ford Mustang Coupe (200 hp V8)

Ruandi van Tonder
“My droom kar vir die matriekafskeid is beslis die klassieke 1967 Shelby Mustang GT500”

1967 Shelby Mustang GT500 (355 bhp V8)

Dean Marais
“My pa se baas se Hotrod wat blou, wit en geel is.”


Herman van der Schyff
“My droom kar vir die matriekafskeid is die 1995 Mclaren F1.”

1995 Mclaren F1 (618 hp V12)

JP Scheepers
“Vir seker ‘n Ferrari. ‘n Bloedrooi Ferrari!”

Rooi Ferrari 458 Italia (562 hp @ 9,000 pm V8)

Shannon-Leigh Oosthuizen
“Ek sal bitter graag in ‘n pikswart Jeep-wagon met swart velge (rims), na die matriekdans wil gaan.”

Jeep-Wagoneer (420-hp twin-turbocharged V-8)

Keanu (Chuck) Klein
“Ek’s ‘n boertjie. Ek’s “old school”. So dit sal óf ‘n dubbelkajuit Mitsubishi bakkie wees óf ‘n Landcruiser. As ek vinnig wil gaan, móét dit ‘n Dodge Challenger wees.”

Double Cap Mitsubishi (154 Hp @ 3500 rpm. L200 V)

Landcruser ( 381 hp V-8)

Dodge Challenger (305-hp V-6)

Heinard Stroebel
“Ek sal graag in ‘n 1965 rooi Ford Mustang by die matriekafskeid wil opdaag.”

1995 Ford Mustang (200 hp by 4800 rpm. V8)

Ryan de Sousa (links)
“My droomkar vir die matriekafskeid is waarskynlik ‘n donkergrys Lamborghini Aventador.”

2022 Lamborghini Aventador LP 780-4 (769-hp V-12)