Maandag 22 Januarie tot Donderdag 25 Januarie 2024, was ‘n week wat baie pret vir die neutron-nuwelinge van Hoërskool Oosterlig ingehou het. Die graad 8’s is verwelkom by die skool tydens Welkomweek – alles terwyl die graad 8’s en die leierskomitee hard aan die werk is ter voorbereiding vir die groentjiekonsert wat jaarliks ‘n groot treffer is!
“E=mc^2: Energie is gelyk aan die produk van massa en die spoed van lig gekwadreer” ~ Albert Einstein. Maandag het begin met ‘E-energie’ waar die graad 8’s soos DURACELL-HASIES aangetrek het en hulle beste hasie-hop vir die leierskomitee gewys het.
Dinsdag moes ons graad 8’s soos towenaars aantrek om sinergie (=) : Magic balance voor te stel en hulle beste ‘disappearing act’ te doen. Woensdag was ‘M-massa’ se beurt en ons neutrone moes soos ‘gym rats’ aantrek en hulle spiere vir die leierskomitee ‘flex’.
Die spoed van lig (c^2) is waarmee Donderdag geassosieer is en die graad 8’s soos ‘Flash’ aangetrek het om hulle beste ‘slo-mo run’ uit te beeld. Op Vrydag, 26 Januarie, was die neutrone as volwaardige Oosies verwelkom in die OOSIE-FAMILIE!
Graad 8’s, baie dankie vir die entoesiasme waarmee julle dié Oosie-tradisie benader het!
Donné Fowler