~ deur Kayleigh van der Merwe
Die toetsreeks is reeds aan die gang en die spanningsvlakke in elke Oosie se gemoed is hoog.
Hoe presteer jy op akademiese gebied en bly steeds op datum met al jou huiswerk, sport-en kultuuraktiwiteite of enige ander buitemuurse verpligtinge?
Hier is ‘n paar wenke wat jou punte ‘n hupstoot kan gee as jy dit volg:
- Bly kalm. Om oorweldig te voel, is sonder twyfel normaal, maar moet nie paniekerig raak nie. Neem een dag en een toets op ‘n slag en jy sal die berg voor jou tree vir tree oorwin.
- Dit is ook baie effektief om op ‘n kalender of op ‘n witbord al die aktiwiteite vir elke dag uiteen te sit. Daarmee kry jy daardie bevredigende gevoel wanneer jy die afgehandelde aktiwiteite kan doodtrek.
- Leer kliphard, maar moenie vergeet om te rus nie. Slaap en kos is jou liggaam se brandstof wat benodig om aan die gang te bly. Organiseer dus jou tyd vir beide rus en leer en jy sal skerp vir jou toets wees.
- Vind die leermetode wat jou as persoon pas en hou daarby! Elkeen dink anders – dit is wat ons uniek maak. Deur jou eie leermetode te gebruik, gaan jou kalmer laat voel en dit sal tot jou voordeel strek.
- Laastens is ons altyd onseker of ons die werk goed genoeg ken. Albert Einstein het die antwoord daarvoor: “If you cannot explain it simply you do not understand it well enough.” Sterkte Oosies, julle kan dit doen! STERKTE OOSIES!