Dis waarlik ‘n fees om ‘n Oosie te wees!

Die Oosies vier die week LEESFEES!!!

En eie aan Oosie-tradisie is daar nie teruggehou nie, want in die woorde van Rick Holland:
“Die wêreld behoort aan dié wat lees!”

Die Oosies het daarna uitgesien om van Maandag, 13 Maart, tot Donderdag, 16 Maart, hul skooluniforms op te tooi in allerlei bykomstighede om die dag se leestema uit te beeld: van Divergent, The Cronicles of Narnia, Harry Potter en natuurlik Dr Seuss.

Vrydag, 17 Maart, pluk die Oosies behoorlik die dag in kostuums volgens elke graad se gekose boek!
Alwyn Uys kom praat die Oosies moed in en los vele stof tot nadenke vir die langnaweek! Die Oosies word nie net geïnspireer nie, maar Alwyn skenk ook 5 van sy boeke as boekpryse!

Gedurende die LEESFEESweek is daar ook talle gelukkige trekkings, speletjies en aktiwiteite aangebied, elk met hul eie pryse op die spel:
📚 Dress A Door
📚 Boeke-skattejag
📚 BoekBingo!
📚 Ever After (herskryf die einde van ‘n geliefde boek tydens ons kreatiewe skryfkompetisie!)
📚 Die Oosies sluit die laaste hoofstuk van die week af met ‘n laaaaang pouse waartydens ons modeparade hou in ons kostuums!

Baie geluk aan al die week se wenners!
Oosies, julle is uit die boeke!🤓

#oosietrots
#oosiegees
#oosieslees